Nie 'n agentskap. Nie 'n app. Net een persoon wat jou admin optel, insorteer en in beheer hou — sodat jy kan fokus op die rede waarom jy begin het.
Ek werk met mense wat nie 'n voltydse admin-pos kan bekostig nie. Nie elke besigheid het nóg 'n personeellid nodig nie — soms het jy net iemand nodig wat dit eenvoudig en reg vir jou hanteer.
Maand-einde recons is my ding. Ek werk in Sage en Xero, en brei nou uit na Zoho Books. Ek vat die CIPC-werk wat jy uitstel, sorteer jou lêers so dat jy dit binne sekondes kry, en hou jou debiteure en krediteure onder beheer.
Elke item hieronder is iets wat van jou bord af kan kom — vandag nog.
Sage, Xero en Zoho Books — jou transaksies word op datum gehou en jou bank versoen, sonder dat jy 'n vinger hoef te lig.
Jou Google Drive, van chaos na 'n stelsel waar jy enigiets binne sekondes kry — en nooit weer soek vir iets wat jy weet is êrens nie.
Die compliance admin wat maklik agterweë bly totdat dit 'n krisis word. Ek hou dit op datum, betyds, elke jaar — jy hoef nooit weer te wonder of jou besigheid in orde is nie.
Wie skuld jou, wie skuld jy, en wanneer — netjies opgevolg sodat jou kontantvloei sin maak en jy nooit weer agterkom iemand skuld jou al 3 maande nie.
'n Vereiste wat min klein besighede ken, en nog minder indien. Ek help daarmee — voor dit 'n boete word.
Jou besigheid het 'n stelsel nodig — nie nog 'n spreadsheet nie. Ek bou vir jou 'n Excel-stelsel op maat wat spesifiek vir jóú bedryf werk. Jy tik in, dit bestuur. Een oogopslag en jy weet presies waar jou besigheid staan.
'n Professionele, unieke webwerf wat jou besigheid verteenwoordig — ontwerp en gebou deur iemand wat jou besigheid eers verstaan voor sy begin tik. Hierdie webwerf is bewys van die werk.
Groot of klein, formeel of informeel — as jy 'n besigheid bestuur en admin is jou laaste prioriteit, is ons 'n goeie pas.
Ons is jonk, maar ons werk praat. Reviews word binnekort hier gelaai — of lees wat ander sê op Google.
"Hierdie spasie wag vir jou storie."
Binnekort"Jou ervaring met Simply Sorted kan hier verskyn."
Binnekort"Ons bou verhoudings. Die stories kom."
BinnekortAs jou boeke in orde is, is dit die regte tyd om verder te kyk. Ek werk saam met betroubare professionele persone wat help met wat ek nie doen nie, sodat jy nie self hoef rond te soek nie.
Belasting, BTW-opgawes, finansiële beplanning — alles bereikbaar van dieselfde plek af. Jy kies wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het.
Kies 'n opsie — ek skakel jou met die regte persoon.
Direkte skakels word binnekort geaktiveer
Vul die vorm in — hoe meer jy my vertel, hoe beter kan ek jou help van die eerste dag af.
Jy sal gou van my hoor — ek sien uit daarna om met jou te gesels.
Pakkette vanaf R1,800/maand · Gebou rondom jóú besigheid